Skip to main content

Hekpoort 4X4

Hekpoort 4X4 Klub

Vanaf 1999 bied Hekpoort 4X4 Klub tesame met Laerskool Hekpoort ‘n uiters suksesvolle 4X4- byeenkoms aan.

Ons beplan om weer so te maak op Saterdag 3 Oktober 2026. Soos in die verlede verwag ons meer as ‘n honderd voertuie wat deelneem en meer as drie duisend toeskouers. Met ons byeenkomste gedurende die laaste paar was hier tussen 90 en 130 voertuie wat deelgeneem het.

Die byeenkoms vind plaas op ‘n baie kompeterende baan in die natuur. Daar is ongeveer tien hindernisse wat punte tel.

Om hierdie dag suksesvol aan te bied maak ons staat op borge vir pryse en advertensies.

Hiermee neem ons dan die vrymoedigheid om u te nader om betrokke te raak. Ons is oop vir enige voorstelle van u om seker te maak dat u besigheid die maksimum blootstelling sal kry.

Ons maak ook staat op besighede om ons te help met pryse vir deelnemers , aangesien ons vir elke deelnemer ‘n prys aan die einde van die dag gee, enige iets is welkom!

Uitstallers – verskillende pryse vir verskillende stalletjies.

GEEN kosstalletjies nie.

Skakel Tania by 0828257520 om jou stalletjie te bespreek.

Ons hoop dat ons versoek u gunstige oorweging sal geniet.

Indien u meer inligting verlang kontak ons gerus.